Ons het vir Paasnaweek gaan kamp opslaan in die Tankwa Nasionale Park. Dit kos net R25 per persoon per nag, maar jy moet alles self saambring: water, graaf en tp! Ons kon enige plek in die Langkloof kamp opslaan en het toe sommer tussen die karoo bossies op 'n oop vlakte gaan staan (daar is mos nie bome in die Karoo nie!). Het elke dag 'n ketel-stort gevat sommer in die ooptes - jy is heeltemal privaat en ons het niemand gesien terwyl ons gekamp het nie. Het in die aande heerlik gebraai en lekker vuur gemaak. Sondag het ons besluit om deur Clan William terug te ry huis toe. Ons het weer Uitspankraal aangedurf en die keer was dit darem nie nodig om te stap nie! ;o) Die Doringrivier was laag genoeg om deur te ry. Volgende keer bring ons nog iemand saam (dis sodat ek nie al die plaashekke oop en toe te maak nie hehe)! Ons het van Clan William 'n entjie op die N7 gery, maar toe besluit om weer die grondpad aan te durf deur die Cederberge na Citrusdal.Tuesday, April 1, 2008
Tankwa Nasionale Park: 21 - 23 Maart 2008
Ons het vir Paasnaweek gaan kamp opslaan in die Tankwa Nasionale Park. Dit kos net R25 per persoon per nag, maar jy moet alles self saambring: water, graaf en tp! Ons kon enige plek in die Langkloof kamp opslaan en het toe sommer tussen die karoo bossies op 'n oop vlakte gaan staan (daar is mos nie bome in die Karoo nie!). Het elke dag 'n ketel-stort gevat sommer in die ooptes - jy is heeltemal privaat en ons het niemand gesien terwyl ons gekamp het nie. Het in die aande heerlik gebraai en lekker vuur gemaak. Sondag het ons besluit om deur Clan William terug te ry huis toe. Ons het weer Uitspankraal aangedurf en die keer was dit darem nie nodig om te stap nie! ;o) Die Doringrivier was laag genoeg om deur te ry. Volgende keer bring ons nog iemand saam (dis sodat ek nie al die plaashekke oop en toe te maak nie hehe)! Ons het van Clan William 'n entjie op die N7 gery, maar toe besluit om weer die grondpad aan te durf deur die Cederberge na Citrusdal.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

Teetyd op die Gannakagapas!



2 comments:
Hoi Tania & Francois!
Wow dat ziet er leuk uit zeg! Ik vond de karoo heel mooi, zoveel niks :D Dat hebben we in Nederland niet...
Ik heb jullie blog bij mijn bookmarks gezet!
Groetjes Inge
Hallo daar!!!
Cool Blog. Ek is bly om te sien dat Parmalat verteenwoordig word agter op die bakkie met "TeeTyd". Ha Ha!
Mooi bly
Post a Comment