Spanner en Whiskey is nou deel van die Steyn's se huishouding! Ons is nie presies seker hoe ons straatkinders gaan lyk as hulle groot is nie, maar hulle het groot voete en groot ore so dis goed! Nou die dag toe ons met hulle gaan stap het, het 'n dude in die straat vir ons gevra watter tipe honde hulle is... ons het gese ons het GEEN idee nie! Sy kommentaar was dat hulle baie 'opreg' lyk! Ons het sommer gevlei gevoel met ons oulike 'opregte' kinders! Hier is ook geen genade nie, ons laai hulle amper elke dag in die kar vir 'n joyride deur die dorp sodat hulle so lank gewoond kan raak aan die Steyn's se 'travel-addiction' gewoontes. Hier is 'n paar fotos spesiaal vir die oumas en oupas daar in Pretoria ;o)
1 comment:
Opregte honde ja...
Baie oulik
Groete,
Chris Oos
Post a Comment